In 2008 betree ek vir die eerste keer die RSG se verhoog by die KKNK en wel net een vertoning… daarna is my voete onder my uit toe ek ‘n cd kontrak deur Legend Music SA onder leiding van Deon du Toit en Gary Crause aangebied is en hulle my die kans gegee het om nog ‘n cd op te neem. Hierdie cd getiteld “Diesel Denim” met 10 oorspronklike liedjies uit die pen van Deon du Toit en 2 engelse “covers” was toe opgeneem en uitgereik einde Nov 2008.

In dieselfde jaar het ek dan ook my eerste musiekvideo opgeneem met een van die liedjies op my “diesel denim” album getiteld “Vryf Jou Lyf”. Ja wel hierdie song lok verskeie opinies en politiek uit maar ek geniet dit want hoe meer publisiteit hoe beter. So sê die wat weet.

Maart 2009 word een van my groot begeertes vervul en dit was om meer as een vertoning by die KKNK te kon doen – danksy my bestuurder en diegene wat my ken – doen ek toe 15 vertonings tydens hierdie fees… kyk n mens nou na sy CV kan jy sien dat sing op elke denkbare feesverhoog hierdie kunstenaar se passie is ten spyte van teleurstellings wat ook al sy padlangs gekom het.

In 2011 was dinge egter nie so rooskleurig soos hy aanvanklik gedink het , nadat ‘n kontrak wat hom aangebied was lelik skeefgeloop het nie. Ondanks hierdie teleurstelling waarin hy media publisiteit sou ontvang deur top bemarkers ens , reik Luhann steeds sy derde cd getiteld “Iewers “ uit met 11 oorspronklike liedjies daarop wat hy danksy sy vervaardiger , self finansier asook ‘n verspreidingskontrak wat vir hom bewerkstellig is.

Hy hou ook sy lyf model by die agentskap The Stage en het dan ook by hierdie einste agentskap ‘n Drama TV en Film Kursus wat deur Hannah Grobler aangebied was, voltooi. Kultuur is reeds deel van die loopbaan wat hy wil volg en tussen hierdie besige program doen hy ook radio werk by Radio Overberg.

Ek geniet elke oomblik van my sangloopbaan.. en tree steeds by feeste en funksies op waarnatoe ek genooi word en het ook al die werk van “MC” tydens die Christusfees te Bredasdorp aangepak.

Soos een van my rolmodelle sê “ek is nie net ‘n kunstenaar nie maar ek wil ook ‘n instrument in die hand van God wees” want dit is immers waar ek my krag kry.

Bespreek vandag

biografie

Besprekings

musiek

fotos

Kontak

© Kopiereg 2018 Luhann. Alle regte voorbehou.
Vir besprekings, email admin@luhann.co.za of skakel 064 963 5245

Web Designed by Madredp